Vir Fontein Uitgewery om u werk te oorweeg, moet u die volgende prosedure volg:
- U moet ‘n voorlegging voorhou met die konsep vir u publikasie.
- Hierdie voorlegging moet ‘n volledige motivering insluit waarom u hierdie publikasie wil uitgee.
- Die voorlegging moet ook vergesel wees met volledige navorsing indien dit ‘n publikasie is waar daar ‘n gaping in die mark gesien word.
- Indien Fontein Uitgewery die voorlegging aanvaar sal daar met u ‘n ooreenkoms bespreek word vir albei partye om te aanvaar en onderteken voordat die werk begin.
MANUSKRIPVOORLEGGING
- Manuskripte moet in die volgende formaat na ons gestuur word:
- Getik A4 bladsy
- 12pt Calibri
- Bladsye moet genommer wees
- Spasiering aan die kant moet genoeg wees vir notas (2cm)
- Bladsye moenie aan albei kante gedruk wees nie
- Manuskrip moenie gebind wees nie
- Dubbelspasiëring
- Elke manuskrip moet met ‘n dekbrief vergesel word met die volgende inligting:
- Naam en Van
- Kontaknommer
- E-pos adres
- Titel van die manuskrip
- Teikengroep waarvoor die publikasie is
- Kort opsoming van die storie
- Hoeveelheid woorde
TERME & VOORWAARDES
- Manuskrip kan per epos gestuur word of per pos.
- Terwyl manuskrip by Fontein Uitgewery voorgelê word, mag die manuskrip nie na ‘n ander uitgewery gestuur word nie.
- Manuskripte wat per pos gestuur is word nie teruggestuur met pos nie, indien die skrywer die manuskrip wil terughê, moet hy ‘n selfgeadresseerde koevert saam met sy manuskrip indien.
- Fontein Uitgewery aanvaar geen aanspreeklikheid vir manuskripte wat verlore geraak het nie. Moet dus nie oorspronklike illustrasies ens. in die voorlegging insluit nie.
- Indien die skrywer nie self illustrasies het nie, sal dit deur die uitgewery behartig word.
- Uitleg word deur die uitgewery behartig.
- Kopiereg en alle belange in en aan die werk, alleenlik en uitsluitlik aan die uitgewer behoort, vry van enige eise hoegenaamd deur skrywer.
- Indien die manuskrip goedgekeur word, sal daar met die skrywer ‘n ooreenkoms gemaak word ten opsigte van die aankoop van die manuskrip.